Die hart van Kairos Kinders is om ons kinders op 'n relevante en interaktiewe manier te beglei om die Woord van God hulle fondasie te maak. Om God te leer ken en om in verhouding met ander te kan leef en 'n verskil in hulle wêreld te gaan maak.
Ons het 'n wonderlike span wat weekliks ons kinders bedien. Hulle skep 'n veilige omgewing waar die kinders op 'n prettige manier van Jesus kan leer. Die span werk vanuit 'n baie goeie kurrikulum en bied die lesse op baie kreatiewe maniere aan.
Vandag, meer as ooit, het tieners 'n behoefte vir goeie rolmodelle, behalwe die van hul ouers. Kairos Tieners bied weekliks Vrydae aande om 18:00 vir die tieners 'n tyd van Woord bedieninge en baie pret wat relevant is tot die uitdagings wat hulle by die skool en in hul vriendekringe beleef.
Ons as gemeente het ook 'n hart vir die gemeenskap en ons voel skole speel 'n baie belangrike rol in die gemeenskap, daarom gebruik ons ook elke geleentheid om daar betrokke te raak en met ander hande te vat en saam te werk tot die glorie van God se Koninkryk.
Met die nood wat al hoe groter om ons word, help ons kos en klere bank gereeld mense in nood en geen vir hulle ook weer hoop vir die dag van more.
Ons nooi enige persoon uit om by hierdie bediening betrokke te raak om te help die pyn en velorenheid van ons gemeenskap aan te spreuk .