In die gemoed van elke ware Christen gelowige is daar 'n verlange om te alle tye God te behaag. Aangesien die doop van die gelowige soveel stryd in harte veroorsaak, en aangesien die Woord van die Here ons enigste rigsnoer is, gaan ons kyk wat die Bybel sê oor hierdie belangrike onderwerp.
Eerstens dit is 'n bevel
Matteus28:19
Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.
Handelinge 2:38-39
Petrus antwoord hulle: “Kom tot inkeer en maak reg met God. Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. 39Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal naderroep.”
Dit is belangrik dat ons gehoorsaam is aan God se bevele, alowel daar tog baie mense is wat die wel nie nakom nie.
Lukas7:30
Maar die Fariseërs en wetskenners het God se plan vir hulle verwerp, want hulle het geweier om deur Johannes gedoop te word.
Wie mag gedoop word?
Volgens die Woord kan net bekeerlinge en gelowiges gedoop word.
Matteus 28:19
Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.
Markus 16:16
Elkeen wat glo en gedoop word, sal verlos word. Maar elkeen wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Handelinge 8:12
Nou het die mense egter Filippus se Goeie Nuus oor die koningsheerskappy van God en die Naam van Jesus Christus in die geloof aanvaar. Gevolglik is baie mans en vroue gedoop.
Handelinge 2:38-39
Petrus antwoord hulle: “Kom tot inkeer en maak reg met God. Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. 39Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal naderroep.”
Handelinge 2:41
Dié wat Petrus se boodskap aanvaar het, is gedoop en hulle het lede van die kerk geword. Hulle was so 3 000.
Handelinge 18:8
Krispus, die hoof van die sinagoge, en sy hele huishouding het tot geloof in die Here gekom. Ook baie Korintiërs het in reaksie op die boodskap gelowig geword en is gedoop.
Hoe doop ons?
Die woord "doop" is 'n vertaling van 'n Griekse woord wat beteken "om in te steek" of "om te dompel".
Wat sê die Bybel?
Matteus 3:16
Ná Jesus se doop het Hy dadelik uit die water geklim. Net daar gaan die hemel toe vir Hom oop, en Hy sien hoe die Gees van God soos ’n duif op Hom afdaal.
Johannes 3:22-23
Hierna het Jesus en sy dissipels na die Judea-gebied vertrek. Hy het daar saam met die dissipels oorgebly en mense gedoop. Johannes was ook besig om by Enon, in die omgewing van Salim, te doop omdat daar genoeg water was. Die mense het daarheen gestroom en is gedoop.
Handelinge 8:35-39
Filippus het toe by hierdie Skrifgedeelte begin en die evangelie oor Jesus aan hom vertel. Op pad kom hulle by water aan, en die ontmande sê: “Kyk, daar is water! Waarom kan ek nie gedoop word nie?” Hy het toe die wa laat stilhou, en hulle twee het in die water gegaan, en Filippus het hom gedoop. Toe hulle uit die water opkom, het die Gees van die Here vir Filippus weggevat. Die ontmande het hom nie meer gesien nie en hy het sy reis met blydskap voortgesit.
Hierdie skrifgedeelte dui baie duidelik daarop dat daar baie water moes wees en dat die persone in die water moes ingaan om gedoop te word.
Die betekenis van die doop.
Romeine 6:3-4
Of het julle vergeet dat ons met ons doop een geword het met Christus Jesus en so saam met Hom gesterf het? Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ’n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ’n totaal nuwe lewe leef.
Kolossense 2:11-12
Omdat julle één is met Christus is julle ook besny, nie met ’n besnydenis deur mense nie, maar met die besnydenis van Christus. Hierdie besnydenis bestaan uit die wegneem van julle sondige geaardheid. Toe julle gedoop is, is julle saam met Christus begrawe. Omdat julle één is met Hom is julle ook saam met Hom opgewek. Julle geloof in die krag van God het dit moontlik gemaak – hierdie selfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het!
1 Petrus 3:18-21
Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. Só het Hy na die geeste in die gevangenis gegaan en sy oorwinning daar aangekondig Hierdie geeste is hulle wat aan God ongehoorsaam gebly het toe Hy baie geduldig met hulle was. Dit het gebeur in die tyd toe Noag die ark gebou het. Net agt mense is uit die verskriklike vloed gered. Die redding in die ark is ’n voorteken van die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop red julle deur die opstanding van Jesus Christus. Die doop is nie ’n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar ’n pleit voor God dat jou gewete skoon bly.
Markus 16:16
Elkeen wat glo en gedoop word, sal verlos word. Maar elkeen wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Indien jy dan die versekering van wedergeboorte het, wat verhinder jou om gedoop te word?